Local newsNews

AfriForum vind dat water op Secunda aan laagste standaarde voldoen

AfriForum voltooi blou- en groendruppel-projekte.

SECUNDA – AfriForum het vanaf Augustus tot Oktober verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- en rioolwater te bepaal.

Mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder in die Laeveld, het gesê dié projek is vanjaar meer belangrik as ooit vantevore weens die Covid-19-pandemie en navorsing wat getoon het dat die Covid-19-virus in rioolstelsels opgespoor kan word.

“‘n Mens kan dus brandpunte identifiseer,” het mnr. Bekker gesê.

“Ons kon vasstel dat al die dorpe se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie.

“AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets, want inwoners het ‘n grondwetlike reg tot skoon drinkwater.”

AfriForum se projek om die dinkwater te toets word deur ‘n bloudruppelstatus aangedui en die rioolwater deur groendruppelstatus.

Dié burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie.

Dié dorpe sluit in Belfast, Bethal, Dullstroom, Evander, Leandra, Mashisheng (Lydenburg), Machadodorp, Middelburg, Mbombela (Nelspruit), Secunda, Kinross, Trichardt, Standerton en eMalahleni (Witbank).

Mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het gesê: “Ons sal die nie-nakoming verder ondersoek en optree waar nodig.”

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte.

“Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.

“As die bewaarder van water kom die departement van water en sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie.

“AfriForum versoek inwoners van Mpumalanga om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer.”

Om dié projekte te ondersteun, stuur ‘n SMS met die woorde ‘Skoon water’ na 45350. ‘n SMS kos R1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button