Konsert op Standerton aangebied
Me. Van der Merwe, mnr. Alf Doubell, me. Grace Matsi, ds. Nico Boshoff, Celine Lubbe, me. Elandie Booysen en me. Höhls en haar seun Ruben, wat 'n duet gesing het, het tot die aand se sukses bygedra.
‘n Verskeidenheidskonsert, met die oog op die komende Kersgety, is op Vrydag 4 Desember by die Replika Kerk aangebied.
Me. Dina Höhls het met insette van me. Arista van der Merwe die program saamgestel.
Standertonners wat in die kunste uitblink, het op die verhoog verskyn vir van ‘n tjello-uitvoering en kitaarspel tot sang- en dansnommers.
Me. Van der Merwe, mnr. Alf Doubell, me. Grace Matsi, ds. Nico Boshoff, Celine Lubbe, me. Elandie Booysen en me. Höhls en haar seun Ruben, wat ‘n duet gesing het, het tot die aand se sukses bygedra.
Die konsert het ‘n wins van R1 600 getoon wat aangewend gaan word om ‘n Kersparty by die SAVF se Krisissentrum te hou.
“Dit wat voorwaar die moeite werd,” het me. Höhls gesê.



