Local newsNews

Ansie geniet deeltydse werk na aftrede

Suster geniet tuinmaak in vrye tyd.

SECUNDA – Me. Ansie van der Westhuizen het in Januarie vanjaar as die nuwe suster by Davieshof begin werk.

Baie inwoners sal haar onthou as die suster by Secunda Kliniek.

Sy was vir 30 jaar die operasionele bestuurder by Secunda Kliniek.

Ná haar aftrede verlede jaar het sy toe besluit om die halfdagpos by Davieshof te aanvaar.

Sy woon al 35 jaar op Secunda en het, voordat sy by Secunda Kliniek begin werk het, eers by die kliniek op Evander gewerk.

Me. Van der Westhuizen het op ‘n plaas in die destydse Wes-Transvaal grootgeword en ná skool verpleegkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit, deesdae die Universtiteit van Johannesburg, studeer.

Ná haar studies het sy vir ‘n rukkie by ‘n psigiatriese kliniek op Potchefstroom gewerk en ook pasiënte in die omliggende dorpe gaan sien.

Sy het twee kinders en drie kleinkinders en in haar vrye tyd geniet sy dit om tuin te maak, te lees, naaldwerk te doen of om te brei of te hekel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button