Local newsNews

Oud RSM van Secunda Kommando sterf op 85

Volgens me. Coetzee, sal mnr. Prinsloo onthou word as ’n statige en Godvresende man wat vir sy medemens lief was en die boek Spreuke in elke gesprek kon aanhaal.

SECUNDA – Mnr. Hennie Prinsloo, die oud regiment sersant-majoor (RSM) van Secunda Kommando, is op 26 Desember in die ouderdom van 85 jaar en 11 maande aan huis van mnr. Louis en me. Maureen Coetzee op Secunda oorlede.

Hy en sy vrou, Joey, het wel die laaste tyd in ’n aftree-oord in Nigel gewoon.

Hulle het hul 60ste huweliksherdenking op 10 Desember gevier, maar dit was egter ’n hartseer dag omdat mnr. Prinsloo toe reeds ’n hartaanval gehad het en in die hospitaal was. Sy longe en niere was sodanig beskadig dat dit uiteindelik die oorsaak van sy dood was.

Die Prinsloo-gesin het hulle aan die begin van 1980 in Secunda kom vestig.

Mnr. Prinsloo was as personeelbeampte by Sasol Personeeldienste aangestel tot en met 1987.

Dieselfde jaar is hy oorgeplaas na Secunda Kommando.

Hy het diep spore in die gemeenskap getrap, nie net in die weermag nie maar ook op skole en kerklike gebied.

Volgens me. Coetzee, sal mnr. Prinsloo onthou word as ’n statige en Godvresende man wat vir sy medemens lief was en die boek Spreuke in elke gesprek kon aanhaal.

“Dit was altyd net lekker om aan te sit en te luister na al sy staaltjies.

“Elkeen was met die grootste respek behandel. Tydens sy siekbed het oom Hennie graag met sy versorgers in Zulu gepraat,” het me. Coetzee vertel.

Hy was die laaste week in die sorg van me. Prinsloo en die House of Mercy in Secunda geplaas waar hy rustig sy laaste dae met ’n lied in sy hart afgesluit het.

“Sy eggenote was langs sy bed en haar hande in syne” het me. Coetzee gesê.

Mnr. Prinsloo laat sy vrou, drie seuns en skoondogters, vyf kleinkinders, drie agterkleinkinders, familie en vriende na.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button