Local newsNews

Medelye van alle oorde stroom in vir Carel Jacobsz

Mnr. De Jager he gesê dat dit vir die Ermelo-gemeenskap 'n enorme verlies is oor só baie mense na mnr. Jacobsz opgekyk het en hy die dorp en sy medemens altyd ondersteun het.

Mnr. Carel Jacobsz (72) ‘n bekende en geliefde onder die Ermelo-gemeenskap is op 25 Januarie oorlede.

In 1948 is hy op Ermelo gebore en dis hier waar hy ankers afgegooi en sy bestaan gemaak het.

Sy skooljare bring hy ook hier deur en matrikuleer aan Hoërskool Ermelo.

Mnr. Jacobsz was ‘n Ermeloër in murg en been en sy betrokkenheid in die gemeenskap kan nie oorbeklemtoon word nie.

By die SA Boereperd Telergenootskap staan hy die posisie van President, beoordelaar, teler en keurder vol.

Hy stig die Calela Stoet en is vir menige jong teler ‘n vriend en mentor wat sy kennis geredelik deel.

Mnr. Jacobs was ook aktief betrokke by die jaarlikse Ermelo Landbouskou en dien verskeie jare op die komitee.

Medelye het van alle oorde ingestroom:

Die SA Stamboek se uitvoerende komitee, bestuur en personeel het hul hartseer oor mnr. Jacobsz se skielike afsterwe uitgespreek en gesê dat hy diep spore in die bedryf getrap het.

“Baie dankie, oom Carel vir jou passie en jarelange onbaatsugtige toewyding aan die mense en perde van die SA Boereperd Telergenootskap.”

Die Ermelo Skou het ook die volgende uitgereik:

“Met die hartseer tyding van die afsterwe van Carel Jacobsz, wil die Hoëveld Skou Vereninging graag hul innige meegevoel aan die Jacobsz-familie betuig. Carel laat ‘n groot leemte in die gemeenskap en sy toegewydheid aan die Ermelo Skou sal altyd met deernis onthou word.

Ermelo se Vryburgers:

“Dit is met swaar harte dat ons afskeid moes neem van een van ons grootste vriende en ondersteuners. Oom Carel, ons gaan jou passie en liefde vir jou medemens mis. Ons innige simpatie aan tannie Martie en die Jacobsz-familie.”

Die Hoëvelder het ook met mnr. Oubaas de Jager gesels wat gesê het dat hy en mnr. Jacobsz jare lank saam by die skou gedien het.

“Ons pa’s was destyds in 1952 betrokke en daarom het ons ook die tradisie voortgesit om by die skou betrokke te wees.

“Vandag is oom Carel se kinders net só betrokke.

“Dit is ook vir my ‘n riem onder die hart dat hy saam met my geveg het vir die behoud van die skou in Ermelo.”

Mnr. De Jager het hom as ‘n “Yster” beskryf en hom geloof oor hoe hy sy kinders met goeie waardestelsels grootgemaak het, dat hy tradisievas was, ‘n kerk-mens, uitnemende boer en algeheel ‘n goeie mens.

“Hy was nie ‘n dag lui nie en het nooit iets gelos wat hy begin aanpak het nie.”

Mnr. De Jager he gesê dat dit vir die Ermelo-gemeenskap ‘n enorme verlies is oor só baie mense na mnr. Jacobsz opgekyk het en hy die dorp en sy medemens altyd ondersteun het.

Ter afsluiting het hy gesê dat daar ‘n groot leemte en gat is wat net hy sou kon vul.

“Ons sal sy nagedagtenis eer, rus sag Carel.”

Mnr. Jacobsz word deur sy vrou Martie, kinders, Elana, Jannie en Wim asook hul eggenote en kleinkinders oorleef.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button