Local newsNews

Scharneck-familie van Standerton waardeer die hulp van die gemeenskap

Berdien het op Woensdag 27 Januarie aan die Standerton Advertiser gesê dat die mense wat Jannie via WhatsApp bemoedig, se kommentaar deurgaans is dat juis hý, hul bemoedig.

Die Scharneck-familie van Standerton het die gemeenskap vir hul onderskraging bedank nadat mnr. Jannie Scharneck met bloedkanker gediagnoseer is.

Volgens sy eggenoot Berdien, het AfriForum se Jeugtak, Lone Buddys, ‘n motorfietsklub van die dorp, asook verskeie individue hulp aangebied om die onkoste te dra,

Lone Buddys het Saterdag 30 Januarie voertuie gewas en AfriForum het verlede Vrydag en Saterdag worsbroodjies verkoop.

Die familie is geïnspireer om kolwyntjies te begin bak en van die hand te sit en mense, na aan hulle, maak werk van die saak.

Berdien het destyds na mnr. Gert Lottering se ongeluk ook op dié wyse geld ingesamel en was ook betrokke by ‘n inisiatief van Hompie Kedompie Kleuterskool.

Die skoen is egter nou aan die ander voet.

Jannie is drie weke gelede met leukemie gediagnoseer en ontvang tans behandeling by die Pretoria-Oos Hospitaal.

Dié hoëspanningelektrisiën by Sasol se werkgewer het hom op spesiale siekverlof tot Julie geplaas.

Intussen gaan die chemoterapie voort wat deur die mediese fonds goedgekeur is.

Volgens sy vrou is die behandeling duur, hoewel Jannie voor ‘n keuse gestel is oor watter opsies hy verkies.

“Dit wat die mediese fonds voorskryf, is die pad wat ek sal loop,” het dié diepgelowige Jannie aan die onkoloog gesê.

‘n Hartversakingsepisode het ook twee weke gelede jaar oor sy pad gekom.

Berdien het op Woensdag 27 Januarie aan die Standerton Advertiser gesê dat die mense wat Jannie via WhatsApp bemoedig, se kommentaar deurgaans is dat juis hý, hul bemoedig.

Sy het melding gemaak van twee dokters, drs. Tsotetsi en Nel, by Trichardt MediClinic wat hom op Sondag 27 Desember deeglik ondersoek het.

Jannie het aldus sy vrou, die personeel van Pretoria-Oos Hospitaal lof vir hul toegewyde sorg tans toegeswaai.

“Hy wou net graag ‘n kamer met ‘n buitevenster hê om bietjie met die familie te kan kuier,” het Berdien gesê.

Die versoek is toegestaan.

Berdien Scharneck en haar familie se diepgewortelde geloof in die Opperwese dra hul ook om moontlik ‘n skaaploting, na afhandeling van die kolwyntjieverkope die einde Januarie, van stapel te stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button