SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het onlangs hul eerste virtuele byeenkoms vir die jaar gehou en mnr. Danie Smit se foto, Melck Abbey Staircase, was die beste in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling.
Hy het ook ‘n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy ander foto, Who is Boss.

Me. Sussa Pelser se foto, Desert Rose, was die beste onder die senior fotograwe en het ook ‘n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang, terwyl me. Barbara Mitton se foto, No 107, die beste onder die junior fotograwe was en sy het ook ‘n sertifikaat van meriete vir haar foto ontvang.

Me. Mitton het ook sertifikate van meriete vir twee van haar ander foto’s, Mellow Yellow, en Mobile Food Lovers Market, ontvang. Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete ontvang het, is mnr. James Harris vir sy foto’s The Suns Love in the Spring Becomes the Rose, Through the Rust Fame, en Crocodile Rock, dr. Leon Pelser vir sy foto’s, Covid Prayer, en Waiting, mnr. Piet Potgieter vir sy foto, Powder Spray, me. Lorraine Botha met haar foto, Cherry on Top, me. Hanlie de Beer met haar foto’s Kwikstertjie, Stilbaai Rivier en Boetie Loer en me. Asha Koosialee met haar foto, Seaside Escape.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 5 Februarie en sal weer ‘n virtuele byeenkoms wees.
Vir meer inligting, skakel mnr. Pierre Jordaan by 082 465 0248.








