Local newsNews

TLU SA nooi landbourolspelers om minimumloon vir plaaswerkers dringend te bespreek

Die doel sal wees om oplossings te vind waar landbouproduktiwiteit nie ingeboet word en werksgeleenthede nie onnodig verlore sal gaan nie.

Na afloop van die aankondiging dat die minimumloon vir plaaswerkers van 1 Maart 2021 ook tot R21,69 per uur verhoog, het TLU SA rolspelers in die landboubedryf genooi om dringend deel te neem aan ’n gesprek om die situasie te bespreek.

“Ten spyte van baie goeie realistiese insette van verskeie rolspelers in die bedryf, is die verhoging deurgevoer,” het mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA, gesê.

“Daar heers op die oomblik ernstige kommer dat die kortsigtige optrede van die regering die landbousektor ontsettende skade gaan berokken.”
 
TLU SA het vandag na rolspelers soos AgriSA, SAAI, die LWO en megaboere uitgereik om koppe bymekaar te sit en die situasie Vrydag 12 Februarie om 12nm te bespreek.
 
Die doel sal wees om oplossings te vind waar landbouproduktiwiteit nie ingeboet word en werksgeleenthede nie onnodig verlore sal gaan nie.
 
“Dit is baie belangrik dat ons hierdie probleem gesamentlik in die belang van voortgesette landbou hanteer,” het mnr. Geldenhuys ter afsluiting gesê.
 
Enige ander belangstellende partye is welkom om die vergadering deur Zoom of fisies (met Covid-regulasies in ag genome) by te woon.
 
Kontak gerus die hoofkantoor by 012 804 8031 of stuur ’n e-pos aan sekretaresse@tlu.co.za.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button