Slangvanger van Standerton vang nege rinkhalsies
Dié slangvanger het om 8.02vm ’n plaas op die Grootdraaidam-pad besoek en nege slangetjies gevang.
Mnr. Frans Vermaak van Kosmospark het op Saterdag 6 Februarie ‘n besondere rinkhalsvangs gemaak.
Dié slangvanger het om 8.02vm ‘n plaas op die Grootdraaidam-pad besoek en nege slangetjies gevang.
“Die slangetjies se ogies was nog blou,” het mnr. Vermaak gesê.
Hy het by ‘n vorige geleentheid gesê dit gaan oor opvoeding en om slange weer in die natuur los te laat.
Frans betwyfel ook nie die gevaarelement nie, maar is van mening dat dié reptiele ‘n belangrike rol in die voedselketting vervul.
Die muis-, rot- en paddabevolking word in toom gehou, sonder dat gifstowwe gebruik hoef te word.
Sy tegniek is om alleen ‘n slang met slanggereedskap te vang.
Mnr. Vermaak het ook op Donderdag 11 Februarie twee paddatjies by New Denmark Colliery gevang.



