Local newsNews

Musiekonderwyser van EHS se kitaar- en viool-duo’s genomineer vir toekennings

Dié toekenningsgeleentheid vind in Maart plaas waartydens ’n paneel van ervare musiek-ghoeroes die wenners sal bepaal.

Dirkie van Staden, ’n musiekonderwyser te Hoërskool Ermelo se kitaar- en viool-duo’s, Strings on Fire en World@South, is genomineer vir ’n Suid-Afrikaanse onafhanklike kunstenaarstoekenning.

Dié toekenningsgeleentheid vind in Maart plaas waartydens ’n paneel van ervare musiek-ghoeroes die wenners sal bepaal. Strings on fire is in die kategorie vir Beste Instrumentale Album genomineer.

Van Staden se duo-maat in Strings on Fire, is Johann Scheppel.

Hulle het die duo in 2019 tydens ’n optrede by die Aardklop Nasionale Kunstefees gestig.

Dirkie van Staden en sy duo-maat in Strings on Fire, Johann Scheppel. (Foto: verskaf Dirkie van Staden)

World@South daarenteen, is vir die Beste Instrumentale Enkelsnit met “Irish Classical Spice” genomineer.

Van Staden se duo-maat in dié snit was Roelof Swart.

Strings on Fire en World@South is “cross-over”-duos, wat ’n verskeidenheid genres soos Spaanse, kontemporêre Flamenco Rumba, akoestiese “rock”, techno, Ierse, Gypsy, Volksmusiek, Kubaanse en Latynse ritmes, Afrika-Kwela, Klassieke en populêre musiek met ’n polsende ritme vermeng.

“Die visuele impak van die vioolvirtuositeit en verbysterend vinnige perkussiewe kitaarritmes is ’n betowering vir gehore oraloor,” het Van Staden gesê. “Instrumentale-musiek is universeel en het ’n strelende effek op die luisteraar, tog kan dit baie energiek en feestelik wees. “Albei snitte is gesogte en merkwaardige duo’s met ’n unieke, groot klank.”

Strings on Fire is tans besig met ’n nuwe album in die akoestiese-dans genre.

Hoërskool Ermelo het Van Staden gelukgewens met die nominasies en gesê dat hul trots is om hom ’n Errie te noem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button