Local newsNews

AfriForum se Ermelo-tak rig dak op by Pre-primêre Skool JJ van der Merwe

Die tak het gehelp met die tweede fase van die projek deur ’n dak op te rig bo-oor die plaveisel wat verlede maand vir die buiteklaskamer gelê is.

Die AfriForum-tak in Ermelo het in Februarie voortgegaan met sy projek by die Pre-primêre Skool JJ van der Merwe waar ’n buiteklaskamer vir die kleuters gebou word.

Die tak het gehelp met die tweede fase van die projek deur ’n dak op te rig bo-oor die plaveisel wat verlede maand vir die buiteklaskamer gelê is.

“Die buiteklaskamer is vir die kleuters ’n groot aanwins omdat verjaarsdae en aktiwiteite daar gehou kan word,” het mnr. Renier van Heerden, voorsitter van die Ermelo-tak, gesê.

“Die Ermelo-tak se betrokkenheid by projekte soos hierdie skep hoop in die gemeenskap.

“Wat ’n groot voorreg is dit nie vir ons om die tweede fase van die projek af te handel met die wete dat die klaskamer nou gereed is vir die kinders om te gebruik nie.

Mnr Van Heerden het ter afsluiting almal bedank wat dit moontlik gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button