Kaalspruit-tak van VLU op Standerton hou vergadering
Vroue het net vir pret elkeen ’n groot strik in die hare vasgebind.
Tydens ‘n vergadering van die VLU se Kaalspruit-tak op Dinsdag 16 Februarie, het ‘n nuwe lid, me. Marinda Visser, ‘n demonstrasie van die gebruik van kartonrolletjies gegee.
Taklede het by die Hervormde Kerksaal op Standerton byeengekom.
Die voorsitter, me. Marietjie Swart, het gesê dat die VLU-streekkonferensie, wat op 18 Februarie sou plaasvind, afgestel is.
“Ons beplan nou om dit volgende jaar hier op Standerton te hou,” het sy ook gesê.
Me. Visser het gewys hoe om blommetjies te vorm deur die karton in skyfies te sny en aanmekaar te plak. Ook is voorgeskrewe kompetisie-artikels vir die jaar tydens die vergadering bespreek. Vroue het net vir pret elkeen ‘n groot strik in die hare vasgebind.
“Dit bly ‘n voorreg om deel te wees van die VLU waar ons ‘n hegte vriendekring vorm en baie van mekaar leer,” het me. Swart bygevoeg.
Skakel haar by 083 449 2847 indien jy belangstel om deel te hê aan die organisasie.



