Local newsNews

Fotografieklub op Secunda hou virtuele byeenkoms

Klub gee sertifikate van meriete aan fotograwe wat beste foto's inskryf.

SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 5 Februarie weer meegeding en hul beste foto’s vir die virtuele kompetisie ingeskryf en dr. Leon Pelser se foto, Face of Trust, van homself en ‘n pasiënt, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Februarie se onderwerp was lewe met Covid-19 en hoe dit mense affekteer.

Dr. Pelser het ook vir homself ‘n sertifikaat van meriete verower vir een van sy ander foto’s, Now let me Think.

Mnr. Hanno de Beer, die voorsitter van die klub, het gesê dit is moeilik vir hulle om die beste deel van die klub te mis, wat die maandelikse byeekomste is.

Dus om dit makliker te maak vir lede, het hulle op Woensdagaand, 10 Februarie, ‘n Zoom-sessie gehad waar die beoordelaar, mnr. Anton la Grange, die top foto’s van die maandelikse kompetisie, beoordeel het.

Mnr. Le Grange, het ook oor sekere aspekte van fotografie gepraat en wenke aan fotograwe gegee.

Mnr. James Harris se foto, Sunrise, was die beste onder die senior fotograwe en me. Barbara Mitton se foto, Steps in Time, was die beste onder die junior fotograwe.

Mnr. Harris het ook sertifikate van meriete vir twee van sy ander foto’s, Swart Mamba 005 en The Suns Love in the Spring Becomes the Rose, verower.

Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is me. Sonia Boucher met haar foto’s, Open Heart Surgery en Mother Breast Feeding, mnr. Pierre Jordaan se foto’s Buffalo Reflection en Street Musicians in Maboneng, mnr. James Harris se foto’s Swart Mamba 005 en The Suns Love in the Spring Becomes the Rose, mnr. Johan Viljoen se foto, The Thinker en mnr. Danie Smit se foto, Over the Top.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms gaan nie op Zoom wees nie, maar as Covid-19- regulasies dit toelaat, gaan dit ‘n fisiese byeenkoms wees.

Die volgende byeenkoms sal op Vrydagaand, 5 Maart om 6nm vir 6.30nm plaasvind. Vir meer inligting oor die volgende byeenkoms, skakel mnr. De Beer by 071 365 6440.

Mnr. Pierre Jordaan het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto Street Musicians in Maboneng.
Mnr. James Harris se foto, Sunrise, was die beste onder die senior fotograwe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button