Local newsNews
AfriForum saniteer Laerskool Marietjie van Niekerk op Bethal
Organisasie bied gratis hulp aan skool.

BETHAL – AfriForum se tak op Bethal, het op Woensdag, 24 Februarie, Laerskool Marietjie van Niekerk gesaniteer.
Lede van dié tak het gehelp om klaskamers, die adminstratiewe geboue en die saal te ontsmet.
Personeel van dié skool het vroeër die maand positief getoets vir Covid-19 en die skool moes noodgedwonge gesluit word.
AfriForum het die skool gratis ontsmet.
“Skole is onder geweldige finansiële druk en om ’n skool te saniteer, dra daartoe by,” het mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê.
“Dit is juis waarom ons wil help met projekte soos dié om die las ligter te maak.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



