Local newsNews

Dokters kan niks meer vir klein ‘Superman’ doen nie

Met die nuus nog vars in hul gedagtes en die hartseer wat nog vlak gelê het, het me. Van Wyk die volgende dag nuus - wat ook húl bestaan sou skud, van die onkoloog ontvang.

Die Hoëvelder het verlede Desember oor “Little Superman”, Teagan van Wyk, berig, wat met ’n seldsame kinderkanker, neuroblastoom, gediagnoseer is.

Teagan was in Oktober 2018 vir die eerste keer gediagnoseer, maar weens die behandeling wat hy in November 2018 ontvang het, het die gewas verklein en kon dit suksesvol verwyder word.

Weens ’n toeloop van sake, onder andere die Covid-19 pandemie, het Teagan se pa en ouboet hul werk verloor.

Mnr. Van Wyk was egter verheug toe hy van werk op Ermelo te hore gekom het, en met Teagan wat op daardie stadium kankervry was, het die familie vanaf Pretoria na Ermelo verhuis om ’n nuwe hoofstuk in hul lewens te begin.

Me. Maggie van Wyk, Teagan se ma, het egter tydens tuisonderrig met Teagan, opgemerk dat hy vreemde simptome begin toon het en kort voor lank het hul tot die nare beseffing gekom dat ’n nuwe kankergewas gevorm het.

Teagan van Wyk (4) het onlangs die slegte tyding ontvang dat sy chemo-behandeling onsuksesvol was en dat behandeling nou gestaak sal word om vir hom tyd te gee saam met sy gesin. (Foto: Verskaf)

LEES OOK: Teagan van Wyk (4) van Ermelo veg braaf teen seldsame kinderkanker

So het Teagan van vooraf ’n verbete stryd begin voer teen die kanker en moes hy en me. Van Wyk gereeld tussen Ermelo en Pretoria pendel vir behandeling.

Skanderings is gedoen, beenmurg- en bloedtoetse is in November afgehandel, maar ’n biopsie was net buite die kwessie en daar is met chemosessies begin.

In die hospitaal het Teagan ook ’n dapper maatjie, Marnu Prinsloo – wie in 2017 met Leukemia gediagnoseer is, ryker geword.

Soos vinkel en koljander het dié twee ’n hegte band gevorm en mekaar ondersteun.

Volgens me. Van Wyk kon hul by tye net saam sit en speel en oombliklik vergeet van die onaangenaamheid en impak wat die kanker asook die behandeling op hul afgematte ligaampies gehad het.

Marnu se kondisie het egter op 3 Maart begin verswak en hy moes in die intensiewesorg-eenheid opgeneem word – op 7 Maart het kanker sy lewe geëis.

“Dit was vir ons ’n groot terugslag omdat ons saam met die Prinsloo-gesin in die stryd gebuk gaan en die moeilike pad saam met hulle stap,¨ het me. Van Wyk gesê.

Sy het met ’n inskrywing op Facebook ook vertel oor watter moeisame taak dit sou wees om dié nuus aan klein Teagan te breek siende hy gedurende die dag ook oor Marnu uitgevra het.

Met die nuus nog vars in hul gedagtes en die hartseer wat nog vlak gelê het, het me. Van Wyk die volgende dag nuus – wat ook húl bestaan sou skud, van die onkoloog ontvang.

LEES OOK: Marnu Prinsloo (6) van Secunda sterf weens bloedkanker

Die onlangse skanderings wat hul op Teagan uitgevoer het – het getoon dat die behandeling nie geslaagd was nie.

“Die dokter het ons meegedeel dat bestraling die laaste opsie sou wees, maar sou dit onsuksesvol wees, dit slegs die tyd wat ons saam met Teagan oorhet, sou verminder.”

Teagan van Wyk is met ’n seldsame kinderkanker, neuroblastoom, gediagnoseer. (Foto: Verskaf)

Me. Van Wyk en Teagan het die volgende dag al sy goedjies opgepak, die personeel bedank en met hartseer afskeid geneem.

“Ons beoog om die tyd wat ons oor het, so kosbaar en spesiaal moontlik te maak.

“Medici kan nie sê of ons maande of weke sal hê nie, maar die dokter het gehelp om palliatiewe sorg te reël vir wanneer dié tyd aanbreek.”

Me. Van Wyk het gesê dat hul ’n goeie ondersteuningsnetwerk het wat ’n predikant en ’n dokter – wat reg oorkant hul gevestig is, het.

Vriende van die Van Wyks het aan hul ’n vakansie na Durban geskenk sodat die familie waardevolle tyd saam met Teagan kan deurbring.

Me. Van Wyk het gesê dat hul die beste onkologiespan gehad het.

“Teagan was in ’n staatshospitaal behandel, maar hy het die beste sorg en omgee vir twee en ’n half jaar ontvang.

“Ons is dankbaar vir alles wat die personeel vir ons gedoen het – want was dit nie vir hulle nie, sou ons nie nog twee jaar gehad het saam met ons kind nie.”

Sy het ook almal wie die gesin ondersteun het, bedank vir al hul gebede en onbaatsugtige liefde.

As enige iemand die gesin wil help om die tyd wat hul met Teagan oor het, spesiaal te maak, kan skenkings gemaak word aan:

Rekeninghouer – Mr Teagan P. Van Wyk
Bank – FNB
Rekeningnommer: 62786775513
FNBy Transact Account
Bankkode: 251 048
Swift Code: FIRNZAJJ

Sou mense dalk eerder aan Teagan ’n geskenkie wil gee, kan mense met me. Van Wyk in verbinding tree deur haar te skakel by 076 340 5964.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button