Local newsNews

Helpende Hand begin Tekkies & Toks-projek op Standerton

Die doel is om tekkies en/of toks aan kinders, wie se ouers dit nie kan bekostig nie, te skenk.

‘n Tekkies & Toks-inisiatief is op Vrydag 5 Maart by Ons Winkel in die Fazy-sentrum van stapel gestuur.

Helpende Hand, wat deel vorm van die Solidariteitbeweging, bestuur die projek saam met die VlokSkop Stigting.

Die Skole Ondersteuningsentrum is ook betrokke.

Die doel is om tekkies en/of toks aan kinders, wie se ouers dit nie kan bekostig nie, te skenk.

Volgens hul verklaring, moet finansies nooit die rede wees dat kinders nié aan sport deelneem nie.

Die organisasie is deeglik bewus van die die belangrikheid van sport op verskeie vlakke vir kinders se ontwikkeling.

‘n Virtuele pretstap saam met Morné Steyn word ook vir 8 Mei beplan. Besoek www.tekkiesentoks.co.za vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button