AfriForum-buurtweg verleen hulp aan motoriste op Secunda
Verskeie paaie in die omgewing was oorstroom en versper en moes vir ’n paar ure toegemaak word weens die baie water.
SECUNDA – AfriForum-buurtwag se tak op Secunda het onlangs met die swaar reën wat op die dorp geval het, inwoners gehelp deur motors wat vasgesit het, uit die water te sleep en om inwoners te waarsku.
Verskeie paaie in die omgewing was oorstroom en versper en moes vir ’n paar ure toegemaak word weens die baie water.
“Dit is vir my ’n riem onder die hart om te sien dat baie van ons AfriForum-buurtwagte na hul gemeenskappe omsien en dat die gemeenskap se veiligheid vir hulle belangrik is,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir Mpumalanga, gesê.
AfriForum-buurtwag het mense aangemoedig om by hul strukture betrokke te raak en mekaar te ondersteun.



