Local newsNews

Inwoner van SAVF-tehuis op Ermelo kry nuwe wiele

Die bestuursspan van EasyPay het tien nuwe rolstoelle aan dié tehuis oorhandig.

Mnr. Elias Mphela, ’n inwoner van die SAVF-tehuis op Ermelo, spog sedert Woensdag, 12 Mei, met ’n stel nuwe wiele.

Die bestuursspan van EasyPay het tien nuwe rolstoelle aan dié tehuis oorhandig.

Van die rolstoele wat deur die inwoners gebruik was, is aan flarde en daar was ’n groot behoefte vir nuwe rolstoele.

Me. Annelize Mareé, bestuurder van die SAVF-tehuis, het haar dank aan die personeel van EasyPay – vir dié gebaar, betuig.

Mnre. Bongani Dladla, Siyabonga Molefi en Chris Madonsela van EasyPay het dié rolstoele oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button