Local newsNews

Vetplant-versamelaar van Secunda skryf roman – Wen haar boek

Me. Van der Walt se nering en kennis van vetplante kan ook in die boek opgetel word. Lees hier hoe om haar boek te wen.

SECUNDA – Me. Leana van der Walt (25) het al van laerskooldae af met die idee gespeel om ‘n roman te skryf.

Deur die jare en soos wat sy ouer geword het, het haar karakters meer ontwikkel en gestalte gekry.

Die roman Verydelde Drome is in April bekend gestel.

Die verhaal handel oor Anna Cronje, ‘n matriekdogter wat haar ware eerste liefde ontdek, ‘n liefde wat sy vir haar beheergek-ouers moes wegsteek – en die warboel emosies wat met so ‘n liefde gepaardgaan.

Die storie verken verhoudings, vriendskappe, keuses en die vreemde draaie wat die lewe met ‘n mens loop.
Hoewel die storie meestal afspeel in Secunda se omgewing, is die hoofkarakter nie noodwendig op me. Van der Walt se lewe geskoei nie.

“Ek is eintlik meer soos die teruggetrokke vriendin, Liesel,” het sy vertel.

Me. Van der Walt se nering en kennis van vetplante kan ook in die boek opgetel word.

Sy is passievol oor haar haar versameling van meer as 1 000 plantjies.

Daar is Monkey Tails, Raindrops en Topsy Turvey in haar kwekery, Sunburst Beauties. Sommiges kos tot R600 elk.

“Ek is so lief vir hierdie plantjies. Dis soos my kinders,” het sy vertel.

Me. Leana van der Walt met haar boek, Verydelde Dromwe, wat onlangs uitgereik is.

Haar gesig verhelder as sy oor die vetplantjies uitbrei en vertel hoe sy aan elkeen gekom het.

Die ding met die vetplante het gekom toe sy nog op skool was.

“Ek het nooit enige stokperdjies gehad nie. Ek het my eerste plantjie gekry juis op ‘n tyd toe ek baie depresief was en dit het my belangstelling geprikkel. Van daar af het dit net verder ontwikkel.”

Die kwekery het eintlik posgevat toe me. Van der Walt, ‘n elektrisiën van beroep, haar werk weens afleggings verloor het.

Sy doen nou deeltydse werk om die pot aan die kook te hou.

Haar seuntjie, Ewandré, is vier jaar oud.

Me. Van der Walt werk ook reeds aan ‘n opvolg-boek vir Verydelde Drome.

“Ek sou eintlik baie graag die storie op die groot skerm wou sien. My groot droom is om draaiboeke te skryf.

‘n Kort video is opgeneem en saam met die boek vrygestel om behoorlik die leser te trek.”

Me. Van der Walt bedank veral vir me. Bets Koen wat haar met die hersien en die uitreiking van die boek gehelp het. Die boek word deur Groep 7 gedruk en is teen R145 te koop.

Skakel me. Van der Walt by 065 562 9050 om jou boek te bestel.

KOMPETISIE

Een gelukkige leser kan ‘n getekende eksemplaar van Leana van der Walt se eerste roman, Verydelde Drome wen.

Skryf nou in en staan ’n kans om Verydelde Drome, die eerste roman uit die pen van Leana van der Walt te wen.

Antwoord net die volgende vraag: Wat is die naam van die hoofkarakter van Leana van der Walt se eerste roman, Verydelde Drome? Epos jou antwoord na editor@echoridge.co.za.

Die kompetisie sluit Maandag, 24 Mei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button