
BETHAL – Mnr. Hennie en me. Michelle Rademeyer het onlangs hul jaarlikse sopprojek geloods.
Dit is die agtste jaar wat dié egpaar dié projek hanteer en dit duur vanaf Mei tot einde Augustus.
Hulle het die gemeenskap aangemoedig om hul projek te ondersteun. Me. Rademeyer het gesê hulle deel op Saterdae en Sondae die sop of bestanddele uit.
Mense kan bestanddele vir sop wat groente, bone, soppoeier, pasta, sojamaalvleis of enige iets anders wat in sop kom, skenk.
Soos in die verlede, deel die egpaar droeë bestanddele uit aan gesinne wat self sop kan maak en hulle maak ook sop en deel dit uit aan behoeftiges wat nie self sop kan maak nie.
Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp-boodskap aan mnr. of me. Rademeyer na 076 531 3587 of 060 491 7038.



