Local newsNews

Liz van der Westhuizen van Standerton sterf in ongeluk

Mnr. Pompies en me. Van der Westhuizen was onderweg na Alberton toe die ongeluk 5km voor Balfour plaasgevind het.

’n Botsing op Vrydag 21 Mei omstreeks 10.15vm het die lewens geëis van sowel me. Liz van der Westhuizen, as vier insittendes van ‘n ander voertuig.

Mnr. Pompies en me. Van der Westhuizen was onderweg na Alberton toe die ongeluk 5km voor Balfour plaasgevind het.

Hul dogter, me. Susan Mocke van Jeria Ambulansdienste, was op die toneel.

Volgens me. Mocke, is haar pa in ‘n kritieke toestand.

Die Mockes was op Maandag 24 Mei op pad om mnr. Van der Westhuizen te besoek.

“Slegs vyf minute word by hom toegelaat,” het me. Mocke gesê.

‘n Lykskouing sal uitgevoer word op haar moeder se liggaam.

“Haar liggaam sal daarna na Standerton vervoer word,” het sy ook gesê.

Weens die aard van mnr. Van der Westhuizen se beserings en die onsekerheid oor sy toestand, is finale begrafnisreëlings nog nie getref nie.

‘n Moontlikheid van Vrydag 30 Mei word in die vooruitsig gestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button