Pragtige oomblike vasgevang by Ermelo Fotoklub
In die 1 ster-afdeling is Luché Geldenhuys se foto, Sunset, as die wenner aangewys.
Ermelo Fotoklub het op 6 Maart hul maandelikse vergadering gehou.
Al die fotograwe het foto’s ingeskryf wat deur die gasspreker, mnr. Peter Cavanagh, beoordeel was.
Mnr. Cavanagh, van Midlens Fotoklub in Middelburg, het die fotograwe aangemoedig om foto’s te neem van onderwerpe waarvan hulle hou, en nie noodwendig van dit wat hulle dink beoordelaars van sal hou nie.
Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was Panorama.
Me. Adele Smit het die junior-afdeling met haar foto, Blue Waters, gewen en mnr. Leon Drotsky se foto, Augrabies Panorama, het die senior-afdeling gewen.
In die 1 ster-afdeling is Luché Geldenhuys se foto, Sunset, as die wenner aangewys.
Me. Christa Strauss, voorsitter, het vertel dat Geldenhuys ‘n leerder is wat vir die eerste keer by die klub ingeskryf het.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



