Local newsNews

Brandskade aan huis in Meyerville, Standerton baie groot

Standerton Brandweer was op die toneel en die gemeenskap, Kasselman Veiligheidsdienste en AfriForum het kom hand bysit om die vuur te blus.

‘n Huis wat op Maandag 24 Mei omstreeks 10.15vm in Meyerville aan die brand geslaan het, is verwoes.

Volgens mnr. Bennie Harber, ‘n vriend van die huurder me. Chantelle Swart, was hy buite en iemand het alarm gemaak dat die huis in ligte laaie is.

“Ek het net ‘n groot klapgeluid gehoor,” het hy gesê.

“Toe ek omdraai, sien ek rook peul by die dak uit.”

Volgens hom is die plafon in die sitkamer pikswart en die kamer waarin die kinders geslaap het, sowel as die televisiekamer afgebrand.

“As dit nie vir die staalplafonne was nie, was die hele huis totaal verwoes.”

Die huurhuis het plankvloere.

Standerton Brandweer was op die toneel en die gemeenskap, Kasselman Veiligheidsdienste en AfriForum het kom hand bysit om die vuur te blus.

Me. Swart en haar kinders het intussen blyplek gekry en meer as een gastehuis het aangebied om aan hulle verblyf te verskaf.

Sedertdien het kos, klere, meubels, skoonmaakmiddels en donasies ingestroom om die gesin weer op hulle voete te kry.

Die oorsaak van die brand is onbekend.

Me. Petro Wagner het op Donderdag 27 Mei gesê dat hulle baie hartseer oor die huis is.

“Ek neem aan dit is sekerlik een van die oudstes in Meyerville,” het me. Wagner ook gesê.

“Die skade is baie groot en ons wag op die assessor.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button