Local newsNews

Solidariteit stig tak van Helpende Hand op Standerton

Me. Janelize Roux, winkelkontrakteur van Ons Winkel Standerton het ook die vergadering bygewoon en sien uit om, saam met die tak, projekte aan te pak.

Standerton spog nou met ‘n Helpende Hand-tak.

Volgens ‘n persvrystelling, is die nuutgestigde Standerton-tak opgewonde om hul eerste projekte op die dorp te begin.

Dié tak is op Saterdag 29 Mei gestig met mee. Corné Schoeman as voorsitter, Dané Kotze as ondervoorsitter en Christie Oberholster as sekretaresse.

“Dankie vir julle handopsteek en bereidwilligheid om ‘n verskil in jul gemeenskap te maak,” het die mediaverklaring gelui.

Me. Janelize Roux, winkelkontrakteur van Ons Winkel Standerton, het ook die vergadering bygewoon en sien uit om, saam met die tak, projekte aan te pak.

Indien jy hierby betrokke wil raak, skakel Corné by 071 345 5587, Melissa Nel (assisstent streeksorganiseerder) by 072 660 7345 of Annemarie van Heerden (streeksorganiseerder) by annemarie@helpendehand.co.za.

“Ons sien uit om ‘n verskil in Standerton se gemeenskap te maak.

“Ons gaan poog om Afrikaner-armoede te verlig, voorkom en te verbreek onder ons mees kwesbare groepe.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button