Local newsNews

Helpende Hand op Secunda benodig toiletware vir projek

Ondersteun organisasie se Help Hetta-projek.

SECUNDA – Helpende Hand se Secunda-tak het op Woensdag, 26 Mei, sanitêre ware aan personeel van Marietjie Skool oorhandig.

Dié toiletsakkies met sanitêre doekies, ‘n spons, tandepaste en ‘n tandeborsel, sal aan behoeftige leerders van Marietjie Skool wat dit nie kan bekostig om sanitêre doekies te koop nie en dan soms skool mis, uitgedeel word.

Dié inisiatief is deel van Helpende Hand se Help Hetta-projek en Helpende Hand het reeds sanitêre ware aan verskeie ander hoërskole in die omgewing ook voorsien.

Me. Izanne April, visie-voorsitter van Helpende Hand se tak op Secunda, het die gemeenskap aangemoedig om hul projek te ondersteun deur enige toiletware af te lewer by Helpende Hand se afleweringspunte by Ons Winkel in die Senecta-sentrum, Secunda Apteek, Kosmos Apteek en Medico Apteek.

Onderwysers wat weet van behoeftige leerders wat sanitêre ware benodig, kan me. April skakel by 079 505 7615.

Me. April het gesê mense kan enige toiletware soos seep, toiletpapier, shampoo, of enige iets anders skenk.

As Helpende Hand dit nie vir die Help Hetta-projek gebruik nie, het hulle ander projekte waar hulle mense ondersteun wat soms moet kies of hulle ‘n brood of koekie seep gaan koop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button