Local newsNews

Oom Pompies en tannie Liz van Standerton se lewens sal herdenk word

Susan het tannie Liz as die geestelike en emosionele stukrag in die onderneming beskryf, terwyl oom Pompies die lewensbelangrike nooddienste op beseeerdes toegepas het.

Standerton se anker by botsingtonele, mnr. Pompies van der Westhuizen, is na veelvuldige beserings wat hy in ‘n ongeluk opgedoen het, op Dinsdag 25 Mei om 7.15nm oorlede.

In dieselfde ongeluk wat 5km voor Balfour plaasgevind het, is sy eggenoot, Liz op die toneel dood verklaar.

Hulle was op pad na Alberton toe die motor met ‘n aankomende voertuig gebots het. Vier insittendes in die ander voertuig is dood.

Die onbenydenswaardige taak om na die beseerdes om te sien, het op sy dogter, me. Susan Mocke en haar bekwame mediese span van Jeria Ambulansdienste gewag.

Susan het tannie Liz as die geestelike en emosionele stukrag in die onderneming beskryf, terwyl oom Pompies die lewensbelangrike nooddienste op beseerdes toegepas het.

Die Standerton Advertiser het in 2019 met oom Pompies ‘n onderhoud gevoer toe hy afgetree het.

Wyle tannie Liz het destyds gesĂȘ haar man het mense soms gratis behandel sonder om in ag te neem dat uitbuiting kan voorkom.
“Hy het sy alles vir die dorp gegee,” was haar opsomming.

Wyle Oom Pompies sou juis vir arbeidsterapie as deel van ‘n rehabilitasieprogram gegaan het, nadat sy rugsenuwees weens ‘n besering aandag benodig het.

Standerton se mense het na die nuus bekendgeword het, medelye en simpatie teenoor die familie betuig.

‘n Herdenkingdiens sal op 4 Junie om 11vm in die AGS Kerk op Standerton plaasvind.

Die Van der Westhuizens laat vier kinders, drie skoonseuns, een skoondogter en agt kleinkinders na.

‘n Sterk geloofsbasis vorm tot vandag toe deel van Jeria Ambulansdienste wat steeds bedryf word.

“Ek moet en gaan my pa se droom uitleef,” aldus Susan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button