Local newsNews

Klein ‘Superman’ se ma vertel party dae gaan beter as ander dae

“Party dae raak dit vreeslik moeilik en wil ons emosies die oorhand kry, maar dan sluk ons maar die trane terug, en vat elke dag soos dit kom,”

Dit is reeds drie maande sedert Teagan van Wyk se ouers die hartsverskeurende nuus, dat die dokters niks meer vir hom kan doen nie, ontvang het.

Die klein lyfie veg sedert Oktober 2018 teen ’n seldsame kinderkanker, neuroblastoom.

Me. Maggie van Wyk, Teagan se ma, het onlangs aan die Hoëvelder vertel dat dit ’n stryd is om Teagan te laat eet.

Al wat dié klein ‘Superman’ wil eet is “McCain Skinny Fries”.

Soos wat Teagan vir kort rukkies speel en net kindwees geniet, sien sy ma egter die agteruitgang van sy gesondheid in sy bewerige hande en bene.

Teagan se pyn word vier uurliks met morfien behandel en dr. Kobus Meintjes help met pyn-en- simptoonbestuur.

Sedert Teagan uit die hospitaal ontslaan is, voel hy die veiligste in sy eie kleuterbed langs sy ma en pa se bed.

In ’n inskrywing op Teagan se Facebookbladsy, Teagan Van Wyk – Little Superman, het sy ma vertel dat hy haar hand wil vashou in die aande totdat hy aan die slaap raak.

Woedeuitbarstings en dae gevul met trane is maar slegs ’n paar van die uitdagings wat die gesin daagliks in die gesig staar.

Lawwe spelerige tye, onbeplande dans-oomblikke en drukkies vol liefde vul ook die gesin se dae.

Alhoewel Teagan nie meer behandeling in die hospitaal ontvang nie, beteken dit nie dat sy reis verby is nie.

Me. Van Wyk het geskryf: “Om Teagan se reis van die begin af te deel, was ’n moeilike besluit om te neem.

“Dit was aanvanklik net om soveel mense moontlik te kry om vir hom te bid, maar soos wat die tyd verloop het, het dit ook gegaan oor die bewusmaking rondom kinderkanker.”

“Sommige dae raak dit vreeslik moeilik en wil ons emosies die oorhand kry, maar dan sluk ons maar die trane terug, en vat elke dag soos dit kom,” het me. Van Wyk afgesluit.

As enige iemand die gesin wil help, kan skenkings gemaak word aan:

Rekeninghouer – Mr Teagan P van Wyk
Bank – FNB
Rekeningnommer – 62786775513
FNBy Transact Account 
Bankkode – 251 048
Swift Code: FIRNZAJJ

Indien enige persoon aan Teagan ’n geskenkie wil gee, kan hul met me. Van Wyk in verbinding tree deur haar te skakel by 076 340 5964.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button