Local newsNews

Hillel bring nie-winsgewende organisasie tot stand

Die naam van die organisasie is gekoppel aan die gesegde dat daar lig aan die einde van die tonnel is.

Mnr. Hillel Coetzer het na nege jaar by AfriForum besluit om ‘n nie-winsgewende organisasie, Northern Light Foundation, op die been te bring.

Hy was die hoof van veiligheid in die noordstreek wat Limpopo, Mpumalanga en Gauteng insluit.

“Ek het besluit om na Standerton terug te keer waar my ondernemings en my hart is,” het mnr. Coetzer gesê.

“Ek wil help om die dorp se agteruitgang te stop.”

Northern Light Foundation beoog om nou saam met die bestaande strukture op die dorp te werk.

“Ons het geen ander keuse as om saam te werk nie,” het hy ook gesê.

Die naam van die organisasie is gekoppel aan die gesegde dat daar lig aan die einde van die tonnel is.

“Ek beplan om aanvanklik hoofsaaklik op Standerton te fokus, hoewel dit later na liefdadigheidsorganisasies mag uitbrei,” het hy mee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button