AfriForum op Bethal herstel slaggate en plant plante
Sluit aan by AfriForum en wees deel van ’n volhoubare inisiatief.
AfriForum se Bethal-tak het in Mei hard gewerk aan verskeie projekte om die omstandighede op Bethal te verbeter.
Lede en vrywilligers van AfriForum het meer as 700 sakke teer gebruik om slaggate te herstel en meer as 2 000 plante is in ’n plaaslike groentetuin aangeplant.
Van die strate waar slaggate herstel is, sluit in Vermooten-, Buffel-, Blesbok- en Gemsbokstrate.
Dié projek vorm deel van AfriForum se slaggatuitdaging waar alle AfriForum-takke uitgedaag is om strate te herstel tydens Mei.
Mnr. Hennie Bekker, distrikskoördineerder van AfriForum, het gesê die afgelope maand was daar ook tallewatertoevoer-uitdagings op Bethal.
AfriForum se Bethal-tak het inwoners met dié probleem gehelp by die waterpunt by die Afrikaanse Christelike Kerk.
Dié tak se groentetuin-projek het onlangs afgeskop en gaan nog verder uitbrei soos wat die seisoen verloop.
AfriForum het ook meel vir 90 gesinne wat deel is van die Sopkombuis voorsien en het sodoende gehelp om die las van die Sopkombuis se vrywilligers te verlig.
“Ons gemeenskap se voortbestaan lê in volhoubare oplossings soos hierdie,” het mnr. Bekker gesê.
“Ons fokus om die dorp te verbeter op verskeie gebiede, maar ook om dit maandeliks te kan voortsit.”
As jy by AfriForum se Bethal-tak betrokke wil raak, stuur ’n SMS met jou naam en van na 45340. ’n SMS kos R1.



