News

Joey Klopper, bekende Ermelo-rolbalspeler verloor stryd teen Covid-19

Me. Gerda Swanepoel, van Ermelo Rolbalklub, het aan die Hoëvelder vertel dat Covid-19 dié klub van ’n “briljante rolbalspeler” ontneem het. 

Me. Joey Klopper, Ermelo Rolbalklub se 2021 Vroue enkelskampioen het op 2 Julie haar stryd teen Covid-19 verloor.

Sy was onlangs in Ermelo Medi Clinic opgeneem.

Huldeblyke het kort na die nuus van me. Klopper se afsterwe op sosial media ingestroom.

Me. Gerda Swanepoel, van Ermelo Rolbalklub, het aan die Hoëvelder vertel dat Covid-19 dié klub van ’n briljante rolbalspeler ontneem het.

“Ons sal haar onthou as iemand wat altyd ’n sterk standpunt ingeneem het vir waarin sy glo.”

Me. Joey Klopper het op 2 Julie die stryd teen Covid-19 verloor. (Foto: Verskaf)

Sy het bygevoeg dat die klub altyd haar aansteeklike lag, omgee vir haar seuns en as vriendin van vele sal onthou.

“Ons harte gaan in deernis na Fritz, haar seuns, ouers en suster uit.”

Lees die volledige berig oor me. Klopper se prestasies in rolbal asook die huldeblyke wat aan haar gerig is, in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.    

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button