Local newsNews

Bethal AfriForum ontsmet kerke

Sluit aan by AfriForum en raak betrokke.

BETHAL – AfriForum se tak op Bethal het op Dinsdag, 29 Junie die Huis van Gebed in Bangleystraat op Bethal ontsmet en op Woensdag, 30 Julie die TWK Koöperasie.

Dié tak het kerke en ander belangrike sleutelpunte gehelp tydens die Covid-19-pandemie.

Mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrokskoördineerder vir die Laeveld, het gesê dié tak ontsmet al vir ’n geruime tyd sekere instellings gratis om hulle te help.

“Hoewel die meeste plekke gesluit is weens die vlak 4-inperkingsregulasies is daar steeds begrafnisdienste wat in kerke gehou word, asook noodsaaklike dienste wat in ander plekke verrig moet word,” het mnr. Bekker gesê.

“Juis daarom skroom ons nie om te help in die moeilike tye nie.”

As jy by AfriForum wil aansluit en betrokke wil raak, stuur ’n SMS met jou naam na 45340.

’n SMS kos R1.

ALSO READ: Dawid en Collin wen klubkompetisie in Ermelo

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button