Local newsNews

Seuns- en dogtersprojekte se pakkies bring hoop

Die koste van ’n Ebenezer-pakkie beloop ongeveer R155 per maand. Die Ebenezer-projek het tans 21 seuns wat maandeliks pakkies ontvang.

ERMELO – Ebenezer Seuns, ’n gemeenskapsprojek wat poog om behoeftige seuns by te staan, het op 1 Julie hul eerste verjaardag gevier.

Volgens me. Carinché Pretorius, wat die projek op die been gebring het, is hul korttermyndoelwit om dié seuns se selfbeeld en menswaardigheid te versterk deur hulle maandeliks van toiletware te voorsien.

Die basiese pakket sluit produkte soos lyfseep, tandepasta, ’n tandeborsel, waslap, sjampoe, ’n skeermes, spuitgoed, deodorant, haarjel, lipsalf, sneesdoekies en room in.

Die koste van ’n Ebenezer-pakkie beloop ongeveer R155 per maand.

Die Ebenezer-projek het tans 21 seuns wat maandeliks pakkies ontvang.

Die Annebel-stigting vier vanjaar hul 10de bestaansjaar en ondersteun tans 54 dogters in Ermelo.

Me. Saretha Ferns, die bestuurder van Annebel, het gesê: “Elke maand deel dié stigting bederfpakkies aan hierdie dogters uit wat hulle nie soos welsynsgevalle laat voel nie, maar eerder soos prinsesse.”

Die pakkies bevat produkte soos sjampoe, deodorant, seep, tandepasta, handeroom en sanitêre produkte.

Opgeleide takbestuurders oorhandig die pakkies maandeliks aan die dogters en daar word heerlik tydens die byeenkomste gekuier.

Die koste van ’n Annebel-dogterspakkie beloop ongeveer R150 per maand.

“Indien die Here dit op jou hart plaas om een van hierdie seuns of dogters ‘aan te neem’ en om hom/haar maandeliks van ’n pakkie te voorsien, wil ons jou nooi om in verbinding met ons te tree.”

Die bankbesonderhede vir die organisasies is:

• Annebel Ermelo: Capitec, takkode: 470010, spaarrekening, rekeningnommer: 1667210473, verwysing: jou naam en “Annebel”.

• Ebenezer Ermelo: Capitec, takkode: 470010, spaarrekening, rekeningnommer: 1714021864, verwysing: jou naam en “Ebenezer”.

Kontak me. Saretha Ferns by 082 302 5335 vir inligting oor Annebel of me. Carinché Pretorius by 074 213 2237 vir inligting oor Ebenezer Seuns.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button