Local newsNews

Ermelo Fotoklub geniet eerste Zoom-vergadering

Dié maand se beoordeling het tydens ’n Zoom-vergadering plaasgevind en mnr. Johan Drotsky van die Bethal Fotoklub het die inskrywings beoordeel.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub se lede het op 7 Julie hul maandelikse inskrywings vir beoordeling ingestuur.

Dié maand se beoordeling het tydens ’n Zoom-vergadering plaasgevind en mnr. Johan Drotsky van die Bethal Fotoklub het die inskrywings beoordeel.

Maandeliks kry fotograwe die kans om drie foto’s in die ope-afdeling en een foto in die vasgestelde onderwerpafdeling in te skryf.

Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was “landskappe”.

Mnr. Dirkie van Staden het die juniorafdeling met sy foto, “Dark blue sea”, gewen en mnr. Leon Drotsky se foto, “View from pier”, het die seniorafdeling gewen.

Lees die volgende uitgawe van die Hoëvelder vir al die uitslae van Julie-maand wenners. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button