Local newsNews

Janelize Roux van Standerton se Ons Winkel maak opgang in korporatiewe wêreld

Mnr. Johan Nel, uitvoerende direkteur, het haar as as iemand met baie ervaring, entoesiasme en geduld beskryf.

Me. Janelize Roux van Ons Winkel op Standerton het by Solidariteit Helpende Hand se hoofkantoor aangesluit en beklee nou die pos van areabestuurder.

Me. Rouz is verantwoordelik vir Mpumalanga en KwaZulu-Natal se ondernemings.

Sy het reeds verlede jaar die winkel op die dorp oopgemaak en ook een op Newcastle.

Mnr. Johan Nel, uitvoerende direkteur, het haar as as iemand met baie ervaring, entoesiasme en geduld beskryf.

Die taak wat voorlê, is om van die streek ’n sukses te maak.

Janelize het van 21 tot 25 Junie strategiese opleiding saam met die ander twee areabestuurders, mnr. Hennie Rossouw en me. Helene Schoeman, deurgegaan.

“Ons glo dat sy ’n groot bydrae in die streek sal lewer,” het mnr. Nel gesê.

Janelize en haar man, mnr. Casper Roux is bekende inwoners.

Hulle alma mater is Hoërskool Standerton waar hulle drie kinders ook gematrikuleer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button