Local newsNews
Standerton se Jean-Roux Flack is finalis vir Mnr. Junior SA
Daar is saamgespan om 100 maaltydbottels te skenk, waaronder 60 vir Helpende Hand, 15 vir die Victims Empowerment Centre op Standerton, vyf vir hulpbehoewendes in die strate en 20 vir ’n kinderhuis op Vrede.
’n Jong seun van Standerton, Jean-Roux Flack, is een van die finaliste in Mnr. Junior SA.
Jean-Roux het sy welwillendheid teenoor die gemeenskap op Saterdag, 10 Julie bewys.
Daar is saamgespan om 100 maaltydbottels te skenk, waaronder 60 aan Helpende Hand, 15 aan die Victims Empowerment Centre op Standerton, vyf aan hulpbehoewendes in die strate en 20 aan ’n kinderhuis op Vrede.
Dié 4-in-1-maaltyd bestaan uit onder meer lensies, rys en soppoeier wat in lae in die bottel gegooi is.
Jean-Roux sal vir die plegtigheid moet wag.
Die aanwysing van ’n wenner vind van 6 tot 9 Oktober in Pretoria plaas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!