Local newsNews

Verval van paaie knou Standerton se ekonomie

’n Plaaslike eiendomsagent. me. Linda van Aswegen, het gesê dat as sy kliënte, veral van ander dorpe, na huise op Standerton neem, probeer sy só ry dat dit die beste pad is.

Ondernemings het voete in hul winkels nodig en gastehuise en hotelle benodig gaste wat inboek.

Die plaaslike ekonomie kry dan die nodige hupstoot.

Die Standerton Advertiser het op Vrydag 16 Julie ondersoek na die infrastruktuur naby drie gastehuise en twee hotelle ingestel.

Slaggate het in die flou wintersonnetjie nie water ingehad nie.
Bergstraat lyk beroerd die oomblik as die regsafdraai uit Paarlstraat gemaak word en ding met Colignystraat mee, wat verval aanbetref.

Gedeeltes van Kieser-, Caledon- en Kerkstraat is onder oë geneem.
Die vooraansig van meeste huise skep ’n prentjie van middelklaswelvarendheid, wat in skrille kontras teenoor die slaggate staan.

Beyers Naudéstraat is onlangs opgeknap en ’n aantal ondernemings word in die hoofstraat bedryf.

’n Drein wat oorloop en ’n leë bottel London’s Dry Gin weggegooi op ’n sypaadjie, te midde van ’n sproeier op ’n grasperk, is opgemerk.

Die privaatinisiatief om slaggate te herstel, werp vrugte by sekere kruisings af.

’n Plaaslike eiendomsagent. me. Linda van Aswegen, het gesê dat as sy kliënte, veral van ander dorpe, na huise op Standerton neem, probeer sy só ry dat dit die beste pad is.

“Baie inwoners sien nie meer kans om hier te bly nie en verlaat die dorp stuksgewys,” het sy bygevoeg.

“Die verval van infrastruktuur word as die hoofrede gegee.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button