Local newsNews

Karmen Swanepoel van Ermelo gooi nie geld in die water nie

Sy het meer as 50 000 muntstukke gebruik om haar projek te voltooi. 

Me. Karmen Swanepoel van Ermelo gooi verseker nie geld in die water nie, en het elke sent omgedraai om haar braaiarea se vloer soos ’n nuwe sikspens te laat lyk.
 
Sy het meer as 50 000 muntstukke gebruik om haar projek te voltooi.
 
Op sosiale media het sy op die idee om jou vloer vol muntstukke te plak afgekom en dadelik besluit dat dit haar volgende projek sou wees.
 
Met die hulp van vriende en familie het haar versameling van muntstukke aangekom.
 
Om die meer as 50 000 muntstukke in te samel was nie ’n maklike taak nie en sy het bygevoeg dat Absa-banke die enigste banke is wat haar nog kon help.
 
Gedurende ’n reis na Kaapstad het sy in elke dorp by Absa-banke stilgehou om haar versameling aan te vul.
 
Me. Swanepoel het vertel dat mense gedink het sy is van haar sinne beroof en dat sy dié projek haar “mal-projek” gedoop het.
 
Lees meer oor me. Swanepoel se 5c-muntstuk projek in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button