Local newsNews

Nuwe rolstoel laat Danie Geel van Ermelo in trane

Sy het haar broer na werk gaan oplaai en vir hom ’n wolhaarstorie vertel sodat hy niks sou vermoed nie.

ERMELO – Danie Geel het op 16 Julie van oor tot oor geglimlag nadat hy sy nuwe rolstoel ontvang het.

Sy suster, me. Anita Geel, het al vir ’n geruime tyd geld probeer insamel om sy mediese rekeninge te betaal, en om vir hom ’n nuwe rolstoel te koop.

Dié welbekende gesig by Ermelo Meat & Chicken het in 2005 probleme met sy rug begin ondervind.

Omdat hy daagliks as ’n blokman groot stukke vleis opgetel het, het sy familie vermoed dat hy in die proses sy rug beseer het, maar hy het hom nie veel daaraan gesteur nie.

Hy het ’n rugoperasie by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria ondergaan, en weens ’n abses wat in sy rug gebars het, is hy verlam.

Me. Geel het vertel dat haar broer se vorige rolstoel se wiele besig was om uitmekaar te breek, en die stoel is ook tydens ’n aanval op hom beskadig.

Voor die gesin egter moed kon verloor, het ’n anonieme skenker sy hart en beursie oopgemaak en ’n nuwe rolstoel aan mnr. Geel geskenk.

Hy reis daagliks sowat 4 km van sy huis na sy werk, en die nuwe rolstoel sal dié reis vergemaklik.

Me. Geel was bewus van die nuwe stoel wat vir haar broer aangekoop is, maar het besluit om hom, sodra sy dit ontvang het, daarmee te verras.

Sy het haar broer na werk gaan oplaai en vir hom ’n wolhaarstorie vertel sodat hy niks sou vermoed nie.

“Op pad huis toe het hy gesê dat hy ‘n plan sou moes maak vir ’n nuwe rolstoel, omrede sy stoel sy bene begin stukkend skaaf, min wetend van wat op hom wag,” het me. Geel vertel.

Hy was dadelik in trane toe hy die nuwe stoel sien en het sy dankbaarheid teenoor die skenker asook sy suster vir haar moeite uitgespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button