Local newsNews
Piet Potgieter neem beste foto vir die maand by Hoëveld Fotografieklub
Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 13 Augustus.
Die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydag, 9 Julie hul maandelikse byeenkoms virtueel aangebied weens die opgeskerpte inperkingsreëls.
Mnr. Piet Potgieter was die wenner in die voorgeskrewe onderwerpafdeling met sy foto, No Entry.
Mnr. James Harris se foto, Wish I Can Get Another Chance, was die beste onder die senior fotograwe en mnr. Louis van der Walt se foto, Champagne Happiness, was die beste onder die junior fotograwe.
Die voorgeskrewe onderwerp vir die fotoklub se volgende byeenkoms is Ryp/Sneeu/Snerpende Koue en hul volgende byeenkoms is op Vrydag, 13 Augustus.
Vir meer inligting skakel mnr. Hanno de Beer by 071 365 6440.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



