Regsman van Standerton sien kans vir vele uitdagings
Met sowel krieket, as tennis, het hy Tukkies se eerstespan gehaal en wat die gholf aanbetref, is provinsiale kleure verwerf.
Regsman Conrad Cloete maak ledigheid nie sy oorkussing nie want benewens die regspraktyk, bedryf hy ook meer as een onderneming op die dorp.
Met ’n kleintjie dood aan kantoorgebondenheid, het hy sy belangstellings en stokperdjies verwesenlik in onder meer ’n klub in Edenvale, Johannesburg waar gaste op ’n maaltyd en musiek trakteer is.
“Dit was hope pret met die ‘live’ groepe wat Vrydae, Saterdae en Sondae opgetree het.”
Conrad het destyds matriek by Hoërskool Ermelo afgelê en aan die Universiteit van Pretoria studeer.
Albei sy broers is tandartse en woon in Engeland, terwyl sy suster, ’n gekwalifiseerde spraakterapeut en oudioloog, met ’n professor aan die Vanderbilt Hospitaal in Nashville, Tennessee getroud is.
Die regswese het gewink en ’n B.Proc is suksesvol voltooi.
Hy het in die koshuis, Mopanie gebly en sportsoorte soos krieket, tennis en gholf beoefen.
Met sowel krieket en tennis, het hy Tukkies verteenwoordig en ook is hy ’n kranige gholfspeler, wat Standerton se ligaspan verteenwoordig het.
“My pa is my ‘hero’,” het hy ook gesê.
“Hy speel op 82 nog gholf en rolbal en praktiseer ook as tandarts.”
Dit is geensins die einde nie – Conrad was lid van ‘n ‘rock band’ op universiteit, waar hy die sanger en kitaarspeler was, en hul orkes het op die koop toe aan ’n radiostasie se nasionale kompetisie deelgeneem met ’n weergawe van Abba se ‘Does your mother know?’.
Die jaar 1996 het hom sien ingeburger raak met ’n eenmansaak as regspraktisyn.
Motorsport se Formule 1 en Le Mans 24 lê hom na aan die hart.
“My pa is ook ’n liefhebber van motors en ons gesin het vanaf 1977 tot 1983 elke Formule 1-wedren op Kyalami bygewoon.”
Meer as 100 motortjies kan tans in die Scalextric-baan by sy huis jaag.
Dan word die gholfstokke met sy voorgee van 5 soms opsygesit vir potspel.
Conrad is ook lief vir kosmaak van ’n pizza vir aandete, tot die groot gunsteling, naamlik soet- en suur-vark vir die Chinese braai, wat met sy resep van onder meer gemmer en Balsamiese asyn voorberei word.
Julie wanneer die koue op die Hoëveld toeslaan, reis Conrad graag oorsee.
Conrad het die regsberoep uitgesonder as ’n werk waar jy uit ander se foute kan leer.
O ja, dit is ook nie vervelig nie.
Dié entrepreneur mag dalk in die toekoms ’n klub op Standerton begin as die kaarte reg val.
Wat op sy wenslys is, het net ’n oomblik se nadenke geverg.
”Ek sal nog graag ’n draai in die Ooste wil maak,” het hy mee afgesluit.oomblik se nadenke geverg.”Ek sal nog graag Ooste toe wil gaan,” het hy mee afgesluit.




