Local newsNews

Mense tou in snerpende koue by sopkombuis op Standerton

Daar is begin skep aan die 10l-pot met geurige sop, wat saam met ’n broodjie, pap en grondboontjiebotterstafie aan die mense uitgedeel is.

Kouefronttemperatuur soos voorspel, 9°C, honger, koud en moontlik werkloos.

Kasselman Veiligheidsdienste se sopkombuis op Donderdag 22 Julie het voorafgegaan met die leraar van die Klipkerk, ds. Wihahn de Beer, wat ’n kort gebed gedoen het.

Mnr. Juan Nortjé van Spirit Love Ministries was ook teenwoordig. Daar is begin skep aan die 10l-pot met geurige sop, wat saam met ’n broodjie, pap en grondboontjiebotterstafie aan die mense uitgedeel is.

Dit was gou heel duidelik dat die tweede pot sop gehaal moes word. ’n Stoorkamer is opsy gesit vir donasies.

SuperSpar op Standerton het items ter waarde van R4 000 geskenk, wat geblikte kerriegroente, gebakte boontjies, skottelgoedwasseep, olie, sout, macaroni, spaghetti, sojamaalvleis, soppoeier, kerriepoeier en tamatiesous insluit.

Goldi het voorts aangedui dat hulle die vullende hoendersoppakke vir die volgende vyf weke sal skenk, terwyl Gift of the Givers getrou hul stafies aflewer.

Die publiek het ook die nood raakgesien en groente geskenk. Kasselman Veiligheidsdienste het al hul donateurs vir die bydraes bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button