Local newsNews

Thea-Rita van Ermelo benodig dringend hulp om nieroorplanting te ondergaan om haar lewe te red

Me. Botha is met vergrote niere en graad vyf nierversaking gediagnoseer. 

ERMELO – Me. Thea-Rita Botha (21) benodig ’n dringende nieroorplanting, om haar lewe te red.

Sy het as baba gereeld koors gekry, met geen aanduiding van wat die oorsaak daarvan is nie.
 
Dit het gesorg vir gereelde besoeke aan die dokters, wat medikasie en antibioka voorgeskryf het, hoewel die koors kort na die behandeling, weer sou terugkeer.
 
Haar dokter het die gereelde koors op daardie stadium aan mangelontsteking toegeskryf, en Thea-Rita se mangels is net voor haar derde verjaarsdag verwyder.
 
Haar ouers het vas geglo dat dit die einde van haar probleme sou beteken, maar het gou besef dat dit maar bloot die begin was.
 
Simptome wat gevolg het, het ingesluit; hoë koors, naarheid en erge blaasinfeksie, en hulle is na ’n uroloog dr. Mahesh Dhanjee, by Mediclinic in New Castle vir ’n tweede opinie verwys.
 
Me. Botha is daarna met vergrote niere en graad vyf nierversaking gediagnoseer.
 
Die gesin het nie ’n mediese fonds nie, en benodig dringend geld vir ’n nieroorplanting vir Thea-Rita.
 
Hulle pleit by die Ermelo-gemeenskap om hul by te staan in enige vorm en om haar ook in hul gebede op te dra.
 
Sou enige iemand die gesin finansieël wil bystaan kan hul geld in ’n trustrekening wat vir Thea-Rita gestig is inbetaal:
 
Pieter Stofberg Ingelyf Trust Trustrekening FNB Takkode: 270344 Rekeningnommer: 62092150326 Verwysing: BOT235/1
 
Lees meer oor die dringende nieroorplanting om me. Nel se lewe te red in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button