Kom neem deel aan pretdraf om geld vir Megan van Ermelo in te samel
Die marathonklub bied op 9 Augustus ’n pretdraf by Makou Restuarant in Fouriestraat aan.

ERMELO – Die Ermelo Marathonklub wil in samewerking met die gemeenskap geld insamel vir Megan Herbst, wat onlangs met twee seldsame outoïmmuunsiektes gediagnoseer is.
Megan (10) is op 11 Junie met sistemiese jeug-idiopatiese artritis en makrofage-aktiveringsindroom gediagnoseer.
Haar ma, me. Jolene Herbst, het vertel dat die selle wat haar liggaam moet beskerm, dit aanval.
Die marathonklub bied op 9 Augustus ’n pretdraf by Makou Restuarant in Fouriestraat aan.
Inskrywings vir die wedloop is enige skenkings tot Megan se mediese uitgawes.
Dit kan vooraf by die klub se rekening inbetaal word, of die oggend voor die wedloop in kontant.
Die 4,9 km-wedloop sal om 08:00 begin en die 8 km-wedloop om 09:30.
Weens die Covid-19-regulasies, moet alle inskrywings voor die wedloop by 066 205 3685 bevestig word.
Skenkings kan betaal word by Ermelo Marathon Club, Capitec Bank, spaarrekkening, 1561820766, met “Megan” as verwysing.



