Local newsNews

Maryke Maasz van Standerton is prakties en toekomsgerig

Sy het in Maart aangesluit by die span van Kasselman Veiligheidsdienste wat die sopkombuis op Donderdae reël.

Sy is ’n blondine, maar nie ’n dom blondine nie en dit kom ook nie uit ’n bottel nie.

Me. Maryke Maasz het die 125 CC-skoetertjie se vonkprop sommer vinnig uitgehaal, betrag, skoongemaak en daarna weer die ryding teen die einde van die onderhoud aan die loop gekry.

Met dié fiets koop sy weekliks haar 25l water en kruideniersware en sou enigiets voorval, stap sy na die winkelkomplekse.

Haar eerste man, Gideon, is oorlede en sy het daarna met mnr. Gerrit Maasz in die huwelik getree.

Dié egpaar is reeds ses jaar getroud na ’n Facebook-gesels wat in 2014 aangeknoop is.

“Ek het hom eers in lewende lywe in November 2014 ontmoet,” het Maryke gesê.

Sy was destyds op Bronkhorstspruit en Gerrit in Pretoria, maar die kans op ’n moontlike werk vir albei, het die knoop vir Standerton deurgehaak.

“Ek was nie lus om hierheen te trek waar ek geen vriende, familie of kennisse het nie,” het sy ook gesê.

Die koeël vir verhuising was egter deur die die kerk, maar hulle was hul werke uiteindelik kwyt.

“Ek het in sak en as gesit,” het sy vertel.

Maryke het wye ondervinding in die kleinhandel en was op haar dag agter ’n kroegtoonbank.

“Ek gooi vir jou ’n bier, sonder skuim.”

Sy was van 2009 tot 2012 in Durban in die hawe, as ’n bestuurder van ingevoerde en uitgevoerde voertuie, vir bestuurders aan die linkerkant, sowel as die regterkant.

“Ek het een week nag- en een week dagskof gewerk.

“Mense praat onsin wat sê hulle is die eerstes wat ’n motor bestuur.

“Dit was die lekkerste werk wat ek gehad het.”

Om alles te kroon, het sy ’n blok van die see af gebly.

“Jy gooi al jou kommer vir die see as jy op die strand stap.”

Die kontrak is nie hernu nie.

Maryke het in Maart aangesluit by die span van Kasselman Veiligheidsdienste wat die sopkombuis op Donderdae reël.

“Ek hou nie baie van roetine nie en dit was ’n uitdaging.”

Vanaf 8:30 woel en werskaf sy om die kos gereed teen 12:00 te hê.

Die ma van Jean-Pierre en Alexander en ouma van twee, het ’n praktiese lewensfilosofie.

“Jy kan nie in die verlede leef om ’n toekoms te hê nie.

“Vat dit dag vir dag ”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button