Local newsNews

Sandra Kritzinger bly positief deur kankerstryd

Gedurende haar stryd teen borskanker, het haar positiewe uitkyk op die lewe haar deur een van die moeilikste tye gedra.

ERMELO – In me. Sandra Kritzinger se woordeboek bestaan daar nie woorde soos “nooit”, “kan nie” en “bang” nie.

Sy strewe daarna om altyd die positiewe in enige negatiewe omstandighede te soek en slegs daarop te fokus.

“As God iets oor jou pad bring, kan jy dit doen – al is dit moeilik. Die berg is net bietjie steiler, maar jy kan hom klim.”

Gedurende haar stryd teen borskanker, het haar positiewe uitkyk op die lewe haar deur een van die moeilikste tye gedra.

Me. Kritzinger het in Januarie 2020 ’n visioen van pienk kankerbewusmakingsakke met wit blomme op gehad, en haarself voor een van die sakke gesien.

Sy het wakker geskrik en geweet dat die Here haar waarsku dat daar fout is en dat sy by Cups & Blossoms moes uitkom.

Op dié stadium het haar ouers haar in Pretoria nodig gehad, en sy het nie geskroom om hulle te help nie.

Me. Kritzinger het die aand voor sy na Ermelo sou terugkeer, wakker geword met ’n geswelde bors en pyn wat haar byna stomgeslaan het, en dadelik het sy geweet dat daar groot fout is.

“Ek dink die Here het besluit om my tot stilstand te bring en te luister na die waarskuwing wat hy aan my openbaar het,” het me. Kritzinger vertel.

Sy het die volgende dag reeds ’n afspraak gemaak, waarna sy menigte toetse ondergaan het en gesê het dat sy reeds geweet het wat die uitkoms daarvan sou wees.

“Ek het net heeltyd gebid dat die Here my sterk sou maak vir die pad wat voorlê.”

Ná verdere toetse het sy gekies om deur die trane steeds positief te bly en aan die Here vas te hou.

Toetse wat gewoonlik tot ’n week kan duur voor die uitslae beskikbaar is, was binne slegs drie dae terug, en sy is meegedeel dat sy aggresiewe graad drie kanker het.

Lees die volledig berig oor me. Kritzinger se pad met kanker en hoe sy die uitdagings oorkom het in die volgende uitgawe van die Hoëvelder. 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button