Jongman sterf in motorfietsongeluk op Standerton
“Craig het klaarblyklik beheer oor die motorfiets verloor en ’n paal getref,” het mnr. Watkins gesê.
’n Motorfietsongeluk op Saterdag 31 Julie het die lewe van mnr. Craig Stewart Walker geëis.
Volgens sy skoonpa, mnr. Johan Watkins, het die ongeluk omstreeks 13:45 in Beyers Naudéstraat gebeur.
“Craig het klaarblyklik beheer oor die motorfiets verloor en ’n paal getref,” het mnr. Watkins gesê.
Die botsing het ’n blok van sy werkplek af plaasgevind.
Craig het op die 23 Julie sy 31ste verjaarsdag gevier.
Die familie wag nou op die forensiese uitslae.
Blomme sal op die ongelukstoneel binne twee weke opgesit word.
Craig word oorleef deur Anneke en twee kinders, CJ (7) en Elismé (2).
Die familie het mnr. Coert Henrico van Clear Water Plumbing vir sy bystand bedank.




