Local newsNews

Adele Gill van Secunda se kinderboek is binnekort beskikbaar

Adele volg in haar oupagrootjie se voetspore.

Me. Adele Gill (34) het onlangs haar eerste boek klaar geskryf en dit sal binnekort beskikbaar wees.

Haar oupagrootjie, mnr. PJ Van der Merwe, het destyds ’n boek, Ons Halfeeu in Angola, geskryf en dit was me. Gill se motivering om in sy se voetspore te volg en ook ’n boek te skryf.

Sy is nog altyd lief om te lees, maar sy verkies dit om kinderboeke te lees en sal in ’n boekwinkel eerste na die kinderboekafdeling stap.

Dit is dus geen verrassing dat die eerste boek uit haar pen ’n kinderboek is nie.

Die titel van me. Gill se boek is Lalie Lepel en is eintlik ’n Christelike boek wat die storie vertel van ’n lepeltjie se reis vanaf die kombuis, na die ashoop, na ’n pandwinkel en later in ’n koninklike huis.

“Ek hoop kinders sal kan hoop kry uit dié boek en besef God het vir elkeen van ons ’n plek in sy koninkryk,” het me. Gill gesê.

Die publikasie van dié kinderboek is vir me. Gill ’n vervulde droom wat sy sedert haar kinderjare gekoester het.

Sy het op Upington in die Nood-Kaap grootgeword en onthou hoe die hoogtepunt van haar week was om elke Woensdag, haar boetie en sussie se biblioteekkaartjies ook te vat en met haar

fiets na die biblioteek op die dorp te ry en sewe boeke uitgeneem het.

“Ek onthou steeds my gunstelingboek as kind was Willie Soenie, my ma onthou dit ook steeds en hoeveel keer ek daardie boek wou lees,” het me. Gill gesê.

Sy het self drie kinders tussen die ouderdomme van vier en 13 en sy is voltyds tuis om daar te wees vir haar kinders.

As haar kinders haar nie besig hou nie of sy nie aan haar volgende boek werk nie, geniet me. Gill dit om kitaar te speel of musiek te luister.

Sy het reeds haar tweede kinderboek klaar geskryf en dié boek het reeds ’n naam ook, Jesus se Boom.

Me. Gill doen self die illustrasies vir haar tweede boek en is tans hard aan die werk daarmee.

Sy het ook reeds ’n idee vir haar derde kinderboek, maar wil eers kyk hoe dit met die verkope van haar eerste boek gaan.

Sy het vir verskeie prokureursfirmas in verskillende dorpe gewerk nadat sy op Upington gematrikuleer en ’n N6-kwalifikasie as persoonlike assistent verwerf het.

Sy het ook al musiek geskryf, maar verkies dit om kinderboeke te skryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button