Local newsNews

Megan Herbst Pretdraf word jaarlikse instelling om geld vir siek kinders in te samel

Megan het die pretdraf afgeskop deur die lint te knip en het ook 1km tydens die pretdraf gestap.

ERMELO – Sowat 160 mense het op Vrouedag, 9 Augustus , hulle ondersteuning vir Megan Herbst (10), tydens ’n pretdraf gewys.

Megan is onlangs met sistemiese jeug-idiopatiese artritis en makrofage-akriveringsindroom gediagnoseer.
 
Sy is tans op verskeie medikasie, maar gaan binnekort biologiese medikasie benodig wat nie deur haar ouers se mediese fonds betaal word nie.
 
Ermelo Marathonklub het besluit om ’n pretdraf aan te bied, om gelde vir Megan se behandeling in te samel.
 
 
Me. Jolene Herbst, Megan se ma, het vertel dat Megan die pretdraf baie geniet het.
 
Megan het die pretdraf afgeskop deur die lint te knip.
 
Sy het ook 1km tydens die pretdraf gestap, waarop sy baie trots is.
 
Dit is die verste wat Megan sedert sy in die hospitaal opgeneem is, kon stap.
 
Me. Herbst het bygevoeg dat die ‘Megan Herbst Pretdraf’, ’n jaarlikse instelling gaan word, om gelde vir kinders met soortgelyke siektes in te samel.
 
Die 4,9 km-wedloop het om 08:00 begin en die 8 km-wedloop om 09:30.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button