Oom Hansie se blink plan werk op Standerton
’n Sakeman van die dorp, mnr. Flip Jordaan van Generator and Boiler Services, het dié inisiatief laat verwesnlik.
Kosmos Aftree-oord op Standerton se rommel word ordelik opgelaai.
Mnr. Hansie van Rensburg het op 85-jarige ouderdom besluit om ’n Honda-waentjie te gebruik om die ouetehuis se vullissakke op te laai.
“Ek het dit nog nooit oopgetrek nie, maar die waentjie kan so 50km/uur bereik,” het hy gesê.
’n Sakeman van die dorp, mnr. Flip Jordaan van Generator and Boiler Services, het dié inisiatief laat verwesenlik.
Volgens die ouetehuis se nutsman, mnr. Gino Martin, kan tot 35 vullissakke opgelaai word.
Die aftree-oord se dr. Mollie Lyons en me. Sanpat Coetzee, sowel as die voorsitter van die lewensregkomitee, mnr. Tim Cochrane, en me. Annelize Jordaan was op Woensdag 4 Augustus byderhand om die waentjie gade te slaan.




