Local newsNews

Deel inskrywing en wen kinderboek en R1 500 kontant

‘Tag’ drie vriende, deel inskrywing om in aanmerking vir prys te kom.

Die Secunda-skrywer, me. Adele Gill (34) wat in verlede week se uitgawe van die Ridge Times was, het ’n kompetisie geloods vir een gelukkig leser wat ’n eksemplaar van haar eerste kinderboek, Lalie Lepel, kan wen, asook ’n R1 500-kontantprys.

Lalie Lepel is ’n Christelike kinderboek en vertel die storie van ’n lepeltjie se reis vanaf die kombuis, na die ashoop en na ’n pandwinkel en later na ’n koninklike huis.

Me. Gill se wens is dat kinders wat dié boekie lees, hoop sal kry en bemoedig sal word.

Om vir die Ridge Times en Lalie Lepel se kompetisie in te skryf en in aanmerking te kom om die boek asook R1 500 te wen, volg die volgende stappe:
1. Besoek die Facebook-blad, Lalie Lepel boek.
2. Kliek op die ‘Like’-knoppie van die Lalie Lepel-boek se Facebook-blad.
3. Gaan na die eerste inskrywing op die blad oor die kompetisie.
4. ‘Tag’ drie mense in die kommentaarafdeling van die inskrywing.
5. Deel die oorspronklike inskrywing vir die kompetisie.

Jou naam sal dan deel wees van die trekking wat op 30 September om 11:00 plaasvind.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button